In Soeke Na Waarheid
Home How To Be Ready Flight to Heaven Specific Teachings Prophetic Words Free Downloads Contact Us

In Soeke Na Waarheid

Hierdie boek is gemik op diegene wat opreg na die waarheid soek, want vir hulle sal vervul word wat Jesus gespreek het toe Hy gesê het: ”Hy wat soek, sal vind”. Dit bevat die kern van wat die Here die afgelope 18 jaar vir een van Sy diensknegte geleer het.

In liefde word die leser dus gemaan om eerlik te bestudeer wat in hierdie boek geskryf staan met dieselfde gesindheid van die gelowiges in Beréa, wat elke dag die Skrifte ondersoek het of hierdie dinge so was. Soek só die harmonie en simfonie met God se Woord wat himself van alle kante bevestig en herbevestig.

"En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is." - Rom. 12:2

Jesus sê: "Ek is die Waarheid" en "U Woord is die Waarheid."

Indien ons in die strewe na die waarheid dit op ‘n akademiese en kennis gebaseerde manier wil aanpak, loop ons die gevaar dat God self die “wysheid” van die wyses sal verwar. Dit kan ook lei tot hoogmoed, 'n veroordelende houding, die letter van die wet en die dood. Indien ons egter onsself onderwerp aan Jesus Christus, en Hom volg, deur Sy Gees gelei word en in Sy Woord bly, sal ons die Waarheid ken en die Waarheid sal ons vrymaak.

Jesus, en wat Hy ons geleer het, moet ons rigtingwyser en gesag wees en nie menslike tradisies en oorlewering nie. (Sien Mat. 15:6, 9 en Mark. 7:9, 13.) Die strewe na die waarheid moet biddend en nederig voor God geskied, waar Hy gevra word om ons in die waarheid te lei. In alle eerlikheid moet ons bereid wees om ons te onderwerp aan die waarheid soos Hy dit aan ons duidelik maak en nie soos ons vooroordele dit aan ons uitwys nie.

(Also available in English under the title In Search of Truth.)

Hoe om af te laai:

Regsklik op die onderstaande skakels en kies "Save Target As..." of "Save Link As..."

InSoekeNaWaarheid.pdf (661 KB) - You will need Adobe Acrobat Reader to open it.

InSoekeNaWaarheid.doc (922 KB) - Microsoft Word document.